EU dreig Twitter se Elon Musk met sanksies

Die Europese Unie het die uitvoerende hoof van Twitter, Elon Musk, met sanksies gedreig na verskeie joernaliste wat verslag doen oor die sosialemediaplatform en sy nuwe eienaar, se rekenings skielik gesluit is. Verslaggewers van die New York Times, Washington Post, CNN, en Voice of America, is onder diegene wie se rekenings gesluit is. Die EU se media-regulasies wat volgende jaar in werking tree, kan lei tot groot boetes. Herhaaldelike oortredings kan ‘n bedryfsverbod in die hele Europa tot gevolg hê.