Prof. Ernst Stals gesels oor sy nuwe Namibiese boek

Die formidabele Namibiese skrywer, historikus en afgetrede dosent, professor Ernst Stals, spog met ‘n nuwe boek “Jagters, slagters en wildwagters in Suidwes-Afrika”. Dit is deur Padlangs-publikasies van Gondwana vrygestel, wat graag stories oor Namibië se mense, diere, plante en geskiedenis publiseer. Jagters, slagters en wildwagters in Suidwes-Afrika is ‘n kroniek van die verhouding tussen mens en wilde diere in Namibië tot en met 1960. Professor Ernst Stals gesels met Kosmos 94.1 Nuus.