Stad Kaapstad: Hoër beurtkragvlakke raak watervoorsiening

Die Stad Kaapstad sê uitgebreide, hoër beurtkrag-vlakke raak die voorsiening van water. Dit word toegeskryf aan faktore buite die metro se beheer, ondanks gebeurlikheidsmaatreëls. Laer waterverbruik sal die situasie verlig. Die burgemeesterskomiteelid vir water en sanitasie, Siseko Mbandezi, doen ‘n beroep op inwoners en sakeondernemings om hulle gesamentlike daaglikse watergebruik tydelik tot 850 miljoen liter te verlaag.