Sokker: Argentinië looi Kroasië met 3-0

Sokker: Lionel Messi het Argentinië na sy sesde Wêreldbeker-eindstryd gelei met ‘n oorwinning met 3-0 oor Kroasië in Katar. Messi het in die 34ste minuut die eerste doel aangeteken vanaf die strafskop-kolletjie. Manchester City se 22-jarige doelskopper, Julian Alvarez, het Argentinië se voorsprong vyf minute later verdubbel. In die tweede helfte het Messi daarin geslaag om die verdediger Josko Gvardiol te klop en Alvarez in besit te plaas vir sy tweede doel. Argentinië sal Sondag in die eindstryd teen Frankryk of Marokko te staan kom.