ActionSA vra dat ramptoestand in Gauteng verklaar word
ActionSA in Gauteng doen ‘n beroep op premier Panyaza Lesufi om ‘n provinsiale ramptoestand af te kondig ná die oorstromings. Na raming is byna 2 000 huishoudings in Soweto en meer as 1 000 in Protea-Suid deur swaar reën geraak. ActionSA se woordvoerder, Bongani Baloyi, sê hulle besef die oorstromings kon nie vermy word nie, maar die reën het geval op infrastruktuur, veral stormwater-dreineringstelsels wat swak onderhou is.