Kuier in Sierra Leone was suksesvol – Geingob

President Hage Geingob en sy afvaardiging is op pad na Washington in die VSA vir ‘n leierskapsberaad tussen Amerikaanse and Afrika-leiers en sakelui wat môre begin en Woensdag tot ‘n einde loop. Hy het eers aangedoen in Sierra Leone op uitnodiging van President Julius Maada Bio. Geingob sê hy het uiters goeie samesprekings met Bio gevoer op die gebied van mynbou, toerisme en landbou. Die twee het ook ingestem om politieke samewerking in multilaterale platforms in belang van die vasteland te verhoog. Intussen het die presidentsvrou, Monica Geingos met haar eweknie in daardie land, Fatima Maada Bio, die vierde herdekning van Sierra Leone se “Hands Off Our Girls-veldtog” herdenk. Die twee het ook die rol van vroue in Afrika-leierskapstrukture bespreek.