Ramaphosa open Wêreldwetenskapforum

President Cyril Ramaphosa open vandag die Wêreld-wetenskapforum in Kaapstad. Dit is die eerste keer dat Suid-Afrika hierdie wêreldforum aanbied deur die departement van wetenskap en innovering. Wetenskaplikes van regoor die wêreld sal besin oor die rol wat wetenskap in die samelewing moet speel. Die departement sê Suid-Afrika wil ‘n wêreldwye debat bevorder om bedrywighede te inspireer en Suid-Afrika as ‘n strategiese vennoot in wêreldwye wetenskap-samewerking te bevorder in reaksie op maatskaplike uitdagings.