SAHPRA keur langwerkende MIV-middel goed

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het Cabotegravir, ‘n langwerkende MIV-voorblootstellingsmiddel, goedgekeur. Cabotegravir is ‘n antiretrovirale middel wat mense wat met MIV leef, saam met ander middels kan gebruik om te verhoed dat die virus homself in hulle liggaam dupliseer. ʼn Woordvoerder van SAHPRA, Yuven Gounden, sê die middel word nie vir gebruik aanbeveel deur swanger vroue nie, aangesien die middel se veiligheid nog nie voldoende by swanger vroue bewys is nie.