Duitsland en Namibië sluit ooreenkoms oor groenwaterstof 

Die Duitse minister van ekonomie, Robert Habeck, en die Namibiese se minister van myne en energie, Tom Alweendo, het vandag ‘n ooreenkoms onderteken wat fokus op beleggings in onderwys en werkskepping in groenwaterstof-sektor. Habeck se afvaardiging is die grootste sake-afvaardiging van 24 Duitse sakelui na Namibië wat op ‘n besoek van vyf dae in die land is. President Hage Geingob het tydens Habeck se besoek aan Staathuis, hom daaraan herinner dat Namibië deur wette bestuur word en dat alle besighede in die land gerig word deur stelsels, prosesse en instellings.