Erongo verskerp veiligheid in feesseisoen

Die Erongo-streek in die weste van Namibië is een van die besigste dele van die land gedurende die feestyd. Namibiërs en buitelandse vakansiegangers stroom na die streek, met sommige mense wat by die see wil gaan afkoel, terwyl ander na die asemrowende Namibwoestyn wil besoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die streek Neville Andre gesels oor hoe die voorbereidings gaan rakende die veiligheid van besoekers.