Netbal Wêreldbeker se erfenis-muurskildery in Kaapstad onthul

Netbal: Die Stad Kaapstad het die jongste Wêreldbeker 2023 erfenis-muurskildery in die Portlands-binnenshuise-sentrum onthul. Die muurskildery, van tien meter by 6,7 meter, pryk aan die kant van die sentrum en is vanaf Merrydale-laan sigbaar. Die burgemeesters-komiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, Patricia van der Ross, sê die jongste muurskildery dra by tot vier Wêreldbeker-kunswerke in Langa, Khayelitsha, die Strand en Bellville-Suid, wat voorheen onthul is.