Rehoboth se beplanning vanaand onder die loep

Inwoners van Rehoboth word uitgenooi om vanaand ‘n openbare vergadering by te woon wat die stedelike struktuur van die dorp oor die volgende 20 tot 30 jaar sal dra, onder die loep sal neem. Inwoners se insette word aangevra vir die sogenaamde Rehoboth Urban Structure-plan wat deur WinPlan ontwikkel sal word en terugvoer oor die vordering van die plan sal ook by die vergadering gegee word. Die vergadering begin om ses-uur vanaand en vind by die Hermanus van Wyk Gedenksaal plaas.