Franse President op staatsbesoek in SA

Franse President, Emmanuel Macron, word vandag as President Cyril Ramaphosa se gas by die Uniegebou in Pretoria ontvang op sy eerste besoek as staatshoof aan Suid-Afrika. Macron besoek die land om bilaterale betrekkinge te verstewig en handel met asook moontlike beleggings in Suid-Afrika te bespreek. Hy het Rwanda gister besoek waar hy die land om vergifnis gevra het oor Frankryk se rol in die volksmoord van 1994. Hy sê Frankryk het nie die waarskuwingsligte raakgesien van die dreigende slagting waarin nagenoeg 800-duisend etniese Tutsi’s en gematigde Hutu’s doodgemaak is nie.