AfriForum wil kommandostelsel laat herleef

AfriForum Gemeenskapsveiligheid vra die minister van verdediging, Thandi Modise, om die kommandostelsel wat in 2003 ontbind is, te laat herleef. Die burgerregte-organisasie nooi Modise om die organisasie te ontmoet om enkele aspekte van die eertydse stelsel te bespreek. Volgens die organisasie was die stelsel doeltreffend want vrywilligers het nou met die Weermag saamgewerk om landelike en grensgebiede te beveilig. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Jacques Broodryk, sê burgerlike veiligheidstrukture, soos buurtwagte, speel ’n sleutelrol in die stryd teen misdaad.