Ekonoom gesels oor olie, diesel en die wisselkoers

‘n Suid-Afrikaanse ekonoom gee sy reaksie op die waarde van die Suid-Afrikaanse rand teenoor die Amerikaanse dollar. Ekonome sê as die rand naby aan 17.30 teenoor die Amerikaanse geldeenheid bly en wêreldwye Brent-ruoliepryse tot einde vandeesmaand rondom 95 Amerikaanse dollar per vat stabiel is, kan dit wees dat plaaslike petrolpryse óf weer onveranderd bly óf ‘n potensiële verlaging sien, aangesien dit sal lei tot ‘n verdere daling in die rand-olieprys. Dieselpryse sal egter na verwagting in ‘n opwaartse neiging bly as gevolg van wêreldwye tekorte, verhoogde dieselproduksiekoste en verhoogde vraag. Bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper praat met Kosmos 94.1 Nuus oor of die wêreld die vermoë het om olie te voorsien, aangesien ons steeds wêreldwyd deur ekonomiese ontberinge gekonfronteer word.

Klopper praat ook oor die onstabiliteit tussen die rand en die Amerikaanse dollar en hoe dit die nabye toekoms sal beïnvloed.