So lyk kospryse in Oktober, inflasie van 9,1%
Voedsel en nie-alkoholiese drankies het ‘n inflasietempo van 9,1 persent in Oktober aangeteken, teenoor 5,2 persent in Oktober 2021. Olies en vette is 24,6 persent duurder met vrugte wat 21,6 persent meer kos. Suiker en suiker-produkte is 10,2 persent duurder en so ook groente, en brode en grane. Vleis is op 5,6 persent en vis op 4,1 persent. Koeldrank en minerale water, sowel as vrugtesap kos jou 7,3 persent duurder.