22 vas vir Turkse-bomaanval

Turkye se regering het Koerdiese militante die skuld gegee vir ‘n ontploffing wat ses mense in Istanbul se sentral sakekern doodgemaak het. Die polisie het ook reeds 22 verdagtes in aanhouding, insluitend die persoon wat vermoedelik die bom geplant het. Beeldmateriaal is vrygestel van die polisie wat ‘n vrou, die hoofverdagte, uit ‘n woonstel begelei ná ‘n oornag-klopjag. Suleyman Soylu, minister van binnelandse sake, sê die Kurdistan Workers-party en die Siriese Koerdiese YPG-militante groep, is verantwoordelik vir die aanval op die historiese en bedrywige Istiklal-laan. Ses Turkse burgers, twee lede elk van drie gesinne, is in die aanval dood. Geen groep het verantwoordelikheid aanvaar nie.