Kommer oor selfmoord weens armoede

Die Namibian People Against Poverty-organisasie sê uit sy sowat 25 00 lede landswyd het 40 vanjaar selfmoord gepleeg. Die groep se sekretaris-generaal, Fransina Haufiku, sê die selfmoorde hou verband met armoedeverwante aangeleenthede. Die organisasie het ‘n vreedsame betoging in Otavi gehou om aandag te vestig op hul toestand van armoede terwyl hulle ook die regering versoek het om hul klein besighede te ondersteun en te finansier.