Meta dank 11 000 mense af
Meta Platforms het vandag aangekondig hy sal meer as 11 000 poste sny, oftewel 13 persent van sy arbeidsmag. Dit is in een van vanjaar se grootste afleggings, aangesien die Facebook-moedermaatskappy sukkel met die stygende koste te midde van ‘n swak advertensiemark. Die massa-afleggings, die eerste in Meta se 18-jarige geskiedenis, volg op duisende werkbesnoeiings by ander groot tegnologie-maatskappye, insluitend Microsoft Corp en Twitter, wat deur Elon Musk besit word. Meta se uitvoerende hoof, Mark Zuckerberg, sê hy neem verantwoordelikheid vir sy verkeerde besluite.