Mans moet goeie voorbeeld stel teen geslagsgeweld

Die uitdagings om geslagsgeweld in die Namibiese samelewing te beveg en uit te roei, blyk ‘n baie moeilike taak op hande te wees. Op grond van waarnemings word kinders, veral die seuns, ‘n replika van die persone saam met wie hulle grootword. Daarom, een manier om die samelewing te help om hierdie maatskaplike euwel te beveg, vereis dat mans, veral vaders aandagtig moet wees hoe hulle voor seuns optree. Hierdie kinders volg hul vaders se voorbeeld en glo dat wat ook al hul pa’s doen, die regte ding is. Ngamane Karuaihe-Upi, ‘n verhoudingskonsultant deel sy mening met Kosmos 94.1 Nuus.