Kim Jong-un speel weer weermag-weermag

Noord-Korea het drie ballistiese missiele afgevuur wat naby die Suid-Koreaanse eiland, Ulleungdo, geland en ‘n alarm vir lugaanvalle op die eiland laat afgaan het. Die eiland se inwoners het volgens berigte opdrag gekry om te ontruim en skuiling te soek. Suid-Korea het Noord-Korea se optrede veroordeel omdat dit in ‘n tydperk van nasionale rou plaasgevind het, nadat 156 mense die naweek in Seoul dood is. Noord-Korea sê sy onlangse wapentoetse is ‘n waarskuwing aan Washington en Seoul oor hulle reeks gesamentlike weermagoefeninge.