Gretha gaan COP27 boikot

Die klimaatsaktivis, Greta Thunberg, sal nie die COP27-beraad in Egipte bywoon nie, want sy keur die land se menseregterekord af. Sy sê die komende konferensie van die Verenigde Nasies word in ‘n toeriste-paradys gehou in ‘n land waar vele basiese menseregte geskend word. Thunberg het voorheen die 2019 COP25-beraad in Madrid op die ouderdom van slegs 16 bygewoon, asook die 2021 COP26 in Glasgow. Sy sê sy sal nie die COP27 in November bywoon nie, en veroordeel die konferensies as ‘n geleentheid vir omgewings-waninligting, leuens en kullery.