Lesotho het nuwe miljoenêr premier

Die diamantmagnaat en onortodokse politikus, Sam Matekane, het in ʼn stampvol sokkerstadion in die hoofstad, Maseru, die eed afgelê as Lesotho se nuwe eerste minister. President Hage Geingob het ook sy inhuldiging bygewoon. Die 64-jarige politieke groentjie het met ‘n Rolls Royce by sy inhuldigingseremonie opgedaag en het beloof om staatsbesteding af te skaal, asook om ‘n leefstyloudit van homself en sy nuwe kabinetslede bekend te maak. Hy het in sy nooienstoespraak onderneem om Lesotho weer iets groots te maak. Lesotho is een van die armste lande ter wêreld en is sedert 2017 in ‘n resessie.