Cyril is onbeïndruk met Amerikaanse waarskuwing

President Cyril Ramaphosa het die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika daarvan beskuldig dat hy paniek gesaai het met gister se waarskuwing aan sy burgers oor ‘n moontlike terreuraanval oor die naweek in Sandton, Johannesburg. Ramaphosa sê die ambassade moes die protokol gevolg het voor die waarskuwing uitgereik is. Hy sê regeringsowerhede ondersoek die saak: