Dis fase drie tot verdere kennisgewing, nog eenhede het ingegee

Eskom het aangekondig fase drie-beurtkrag is tot verdere kennisgewing van toepassing ná nog eenhede onklaar geraak het. Dit volg nadat die kragvoorsiener gister gesê het fase drie-beurtkrag sou vanoggend om vyfuur opgeskort word. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die verhoging tot fase drie is genoodsaak deur ‘n vertraging met die heringebruikneming van ‘n opwekkingseenheid elk by Duvha, Grootvlei, Kendal, en twee eenhede by Tutuka-kragstasies, met ‘n eenheid elk by Kusile- en Komati-kragstasies wat nou óók buite werking is: