Desert Dash: 900 fietsryers, 18 lande

Meer as 900 fietsryers van 17 verskillende lande sal die jaar aan die beroemde Nedbank Desert Dash deelneem. Die ikoniese bergfietswedren wat op 9 en 10 Desember plaasvind, laat fietsryers 397 kilometer oor 24 uur deur die Khomas Hochland en die Namib ry tot by Swakopmund. Fietsryers van lande soos Nederland, Suid-Afrika, Spanje, die VSA, Duitsland, Kanada, Duitsland, Zimbabwe, Brittanje, Australië, Italië, Switserland en meer het reeds hul plekke bevestig.