Byna een miljoen Suid-Afrikaanse matrikulante gereed vir eindeksamen

Die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding in Suid-Afrika, Umalusi, het sy goedkeuring gegee vir die skryf van die 2022 matriekeksamen aan die einde van die jaar. Umalusi het tydens ʼn mediasessie verklaar hy het sy rol vervul om die gereedheid van openbare en private assesseringsliggame te monitor en te verifieer om die nasionale eksamens te bestuur en af te neem. Ongeveer 942 000 kandidate is geregistreer om die nasionale senior sertifikaat te skryf. Kandidate van die departement van basiese onderwys sal die eksamen by 6 885 sentrums regoor die land aflê.