Inwoners in verskeie dele van Australië opdrag gegee om te ontruim

Inwoners in dele van Victoria,  Nieu-Suid-Wallis en Tasmanië in Australië het opdrag gekry om hul huise te ontruim weens stortreën wat groot oorstromings meebring. Volgens berige het 500 huise in Victoria oorstroom en sowat nege-duisend-500 is sonder elektrisiteit. In Nieu-Suid-Wallis het ongeveer 600 mense in die dorp Forbes opdrag gekry om te ontruim. Die gevaar neem ook toe vir inwoners in Noord- en Noordwes-Tasmanië. Twintig mense is reeds vanjaar in Australië dood weens wydverspreide oorstromings wat deur die La Niña-weerpatroon veroorsaak is.