Meatco se uitvoermarkte is nog nooit, soos in SA, Botswana, verloor nie

Mwilima Mushokabandji, Meatco se hoof uitvoerende beampte, het vanoggend die media toegespreek oor die stand van sake by die maatskappy. Hy het melding gemaak van die goeie beheermaatreëls wat in plek is in Namibië en die belangrihkheid van die uitvoermarkte weer beklemtoon. Hy sê Namibië het nog nooit enige van sy markte verloor nie.

Hy voeg by dat daar wel uitdagings is en sê prysverskille kom voor met boere in die noordelike kommunale gebiede wat baie minder per kilogram betaal word.