SA studente in Rusland kan uitgesit en verban word

Bykans 250 Suid-Afrikaanse studente by verskeie instansies in Rusland sê hulle loop die gevaar van uitsetting en verbanning omdat die departement van onderwys in Mpumalanga nie vir hulle onderrig betaal het nie. Dit volg op die beëindiging van ‘n kontrak tussen die departement en hulle agent, Green Tutu Trading. Intussen sê Chantel King van die DA dringende ingryping is nodig deur die departemente van hoër onderwys, basiese onderwys en internasionale betrekkinge en samewerking om uitsettings en deregistrasie te vermy.