Geingob en Zambiese eweknie open Swaitex

Namibiese President Hage Geingob en sy Zambiese eweknie, President Hakainde Hichilema het vandag amptelik die Swakopmund Internasionale Handels-eskpo, Swaitex, geopen. Die ekspo word deur die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid en Swakopmund-munisipaliteit georganiseer. Swaitex vind tot Saterdag by die Vineta-sportstadion in Swakopmund plaas. Geingob sê die Afrika die wat ons wil hê, kan net bereik word deur spoedige ekonomiese ontwikkeling.