IMF pas SA se groeikoers afwaarts aan

Die Internasionale Monetêre Fonds het Suid-Afrika se groeikoers vir hierdie jaar afwaarts aangepas, van 2,3 tot 2,1 persent. Die IMF verwag die land se ekonomie sal volgende jaar met 1,1 persent groei. Die finansiële agentskap het vroeër 1,4 persent voorspel. Volgens die Oktober 2022 Wêreld Ekonomiese Vooruitsig, verwag die IMF dat ‘n derde van die wêreld-ekonomie sal inkrimp. Hy maan ‘n wêreldwye resessie kan binnekort op hande wees.