Hatuikulipi se verbintenis met Nengomar blykbaar bewys in getuienis

Die ondersoekbeampte van die Teenkorrupsie-kommissie Andreas Kanyangela getuig op die oomblik in die borgaansoek van die Fishrot-beskuldigde Tamson Hatuikulipi. Kanyangela het geetuienis gelewer dat Hatuikulipi wel betrokke was by die stigting van die Nengomar-maatskappy en ook in Angola was, luidens ‘n epos wat hy aan staatsadvokaat Ezekiel Iipinge voorgelees het.