Suid-Afrika verhoog maatskaplike noodhulptoelae 

Die Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, sê die departement ervaar steeds uitdagings rondom die lae gebruikmaking van die Covid- maatskaplike noodhulptoelae van 350 Suid-Afrikaanse rand, teen minder as 50 persent van die begrote bedrag. Zulu het vandag in Pretoria die jongste inligting gegee oor die kinder-ondersteuningstoelaag en die 350 rand-toelaag. Zulu sê die regering het die inkomste-perk van 350 rand tot 624 rand verhoog, wat in ooreenstemming is met vanjaar se geraamde voedsel-armoedeperk.