Biden kondig nog bystand aan in Florida na Ian verwoesting saai

Behalwe vir federale bystand aan inwoners van Florida vir die wat versekering het sowel as die wat nie dekking het nie, het President Joe Biden verdere bystand vir huishoudings sowel as klein besighede aangekondig. Hy het met die media gepraat tydens sy besoek aan die deelstaat ‘n week na orkaan Ian verwoesting gesaai het en skade wat miljarde dollar beloop, aangerig het.