Daklose inwoners kry na vloede behuising 

Die Suid-Afrikaanse departement van menslike nedersettings en openbare werke is besig om 80 moderne drieverdiepinggeboue op te rig wat die permanente tuiste sal word van KwaZulu-Natalse inwoners wat deur die oorstromings in April dakloos gelaat is. Premier Nomusa Dube-Ncube het die slagoffers in die Truro-saal in Westville besoek om self te sien in watter toestande hulle leef. Sy sê die regering het ‘n praktiese plan om mense teen die einde van die maand uit gemeenskapsentrums te verskuif.