Slegs klein persentasie in formele privaatsektor ondersteun Namibiese ekonomie

Volgens die Staat van die Namibiese Ekonomie van Namibiese ekonoom Robin Sherbourne het Namibië reeds in 2018 voor die Covid-pandemie 12 000 werksverliese gely en nuwe werksgeleenthede word nie geskep nie. Hy sê daar is ‘n lang termyn afname in beleggings sedert 2015 en beheer is oor openbare finansies verloor met Namibië wat sedert 2016 deur krediet-agentskappe afgegradeer is. Hy sê slegs ‘n klein persentasie van die formele privaatsektor ondersteun die Namibiese ekonomie.