Valke en Interpol trek twee sektelede  vas 

Twee buitelandse burgers van 39 en 42 jaar oud is vandag op twee plekke rondom Pretoria in hegtenis geneem vir beweerde sameswering om bedrog te pleeg, bedrog en geldwassery. Interpol het in ‘n gesamentlike operasie met die Valke op huise in die gebied toegeslaan en beslag gelê op elektroniese toerusting en duisende Suid-Afrikaanse rand kontant. Die Valke se woordvoerder, Katlego Mogale, sê die verdagtes is na bewering deel van ‘n sekte bekend as die Air Lord’s wat glo teenstanders van die Black Axe-beweging is.