Rehoboth-onderwyseres verskyn weer oor Mandrax

‘n Onderwyseres van Rehoboth, Fozia Louw, wat daarvan beskuldig word dat sy dwelms gesmokkel het, verskyn weer vandag in die landdroshof op dié Suide-dorp. Tydens die beskuldigde se vorige verskyning op 1 September het landdros Helena Olaiya geweier om borgtog aan die beskuldigde toe te staan. Louw is in Junie in hegtenis geneem nadat sy in besit van 2 417 Mandrax-tablette ter waarde van 290 000 Namibiese dollar betrap is.