Bokke terug by die Kampioenskap

Die Springbokke keer terug na die Kampioenskap met twee tuistoetse teen Argentinië in Augustus, voor hulle vertrek op ‘n toer van vier wedstryde in Australasië. Vanjaar se reeks van 12 kragmetings behels twee in Suid-Afrika – albei teen die Pumas – vyf in Australië en vyf in Nieu-Seeland. Suid-Afrika se direkteur van Rugby, Rassie Erasmus, sê die Bokke is verheug oor die vooruitsig om hulle mededinging met hulle teenstanders in die Suidelike Halfrond te hervat.