Vroue in landbou-beraad is in volle swang

Die vroue- en landbouberaad is aan die gang in die hoofstad. Die beraad vind by die Nasionale Teater plaas en het ten doel om ‘n gesprek tussen besluitnemers en die vrouesakegemeenskap te bevorder oor onderwerpe wat verband hou met landbou en boerdery. Ndiyakupi Nghituwamata, uitvoerende direkteur in die landbouministerie sê vroue in Namibië kan nou grond besit net soos hul manlike eweknieë…