AgriSA sê wetsontwerp op onteiening moet deur NV verwerp word

AgriSA sê indien President Cyril Ramaphosa die Onteieningswetsontwerp in sy huidige vorm uitvaardig, sal dit negatiewe gevolge vir die algemene ekonomie hê. Die parlementêre protefeuljekomitee vir Openbare Werke en Infrastruktuur het gister ‘n verslag oor die wetsontwerp aanvaar. AgriSA sê indien die wetsontwerp in sy huidige vorm aanvaar word, verswak dit die beskerming aan privaat eiendom en kan lei tot ‘n uittog van kapitaal uit die landbousektor en die groter ekonomie. Dit sal lei tot ‘n verlies aan werksgeleenthede en beleggings.