Kyk wie is nie na koningin Elizabeth se begrafnis genooi nie

Koningin Elizabeth II se begrafnis môre beloof om ‘n byeenkoms te wees van die bekendste wêreldleiers. Volgens gebruik word alle lande met wie Brittanje diplomatieke bande het, na staatsbegrafnisse genooi wat President Hage Geingob insluit. Sirië, Venezuela, Afghanistan, Myanmar, Rusland en Belarus is nie genooi nie, terwyl Iran, Noord-Korea en Nicaragua versoek is om slegs ‘n senior diplomaat te stuur. Die uitnodiging aan die kroonprins van Saoedi-Arabië en die de facto-heerser, Mohammed Bin Salman het ʼn storm van protes onder menseregtegroepe ontlok. Die president van China, Xi Jinping is op die gastelys vir die begrafnisseremonie, maar sal dit waarskynlik nie bywoon nie.