Humanitêre katastrofe op pad in Somalië

Somalië se spesiale gesant by die Verenigde Nasies sê daar moet aandag gevestig word op die erns van die krisis in daardie land om meer hulp te mobiliseer. Nog net 67 persent van die 1,5 miljard Amerikaanse dollar wat nodig is, is ingewin. Abdirahman Abdishakur sê die huidige situasie is erger as in 2011 toe 260 000 memnse dood is aan honger, met meer as helfte, kinders onder die ouderdom van ses. Somalië is in die greep van die egste droogte in vier dekades.