Rommel-branderplank word in Noordhoek opgeveil

‘n Branderplank wat gemaak is van rommel wat opgetel is op die Noordhoek-strand in Kaapstad gaan opgeveil word om Projek Noordhoeked, ‘n gemeenskapsprojek sonder winsmotief, te steun. Die stigter van die projek, Karoline Hanks, sê die geld wat met die veiling op 15 Oktober gemaak word, sal gebruik word om die gemeenskappe te help met die uitroei van rommel en indringerplante. Hank sê die projek skep ook werk vir mense in die gemeenskap wat die gebied skoonhou deur indringerplante uit die omgewing te verwyder.