Oudpresident van Kenia kondig vier dae van rou af vir koningin Elizabeth II

Die uittredende President van Kenia, Uhuru Kenyatta, het vier dae van nasionale rou aangekondig ná die sterfte van die Britse koningin Elizabeth. Haar seun Charles is Saterdag amptelik as koning in ‘n tradisionele plegtigheid by die St. James-paleis in Londen aangewys. Kenyatta het opdrag gegee dat die nasionale vlag oral in die land halfmas moet hang. Hy het gesê Elizabeth het koningin geword toe sy in 1952 in Kenia was toe sy van die dood van haar pa, koning George die Sesde gehoor het. Voor dit het sy haar 21ste verjaardag in 1947 in Kaapstad gevier.