Vyfjaar-strategie vir biomassa-bedryf bekend gestel

’n Vyfjaar-strategie wat daarop gemik is om die volhoubare bestuur van die biomassa-industrie te verseker, is vandag in Windhoek by die Biomassa Skou 2022 bekend gestel. Die Nasionale Strategie vir Volhoubare Bestuur van Boshulpbronne is deur die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta, en belanghebbendes van die biomassa-industrie bekendgestel. Van die strategie se doelwitte is om te kyk hoe om grond-agteruitgang deur bos-indringing te herstel om werk te skep, waardetoevoeging en gemeenskaps-bestaan te verbeter. Die strategie is van 2022 tot 2027 effektief.