DA bekommerd oor renostergetalle in Krugerwildtuin

Die DA sê hy is steeds diep bekommerd oor die voortgesette afname in renostergetalle in SANParke se Krugerwildtuin in Mpumalanga en Limpopo. Dave Bryant van die DA sê die renosterbevolking het weer afgeneem vanaf 2 809 aan die einde van 2020 en staan tans op 2 458.