Vroulike grondeienaars hoef nie grondbelasting te betaal

Vroulike grondeienaars in Namibië kan aansoek doen vir kwytskelding van grondbelasting en die aansoeke word deur die waardeerder-generaal persoonlik evalueer. Grondeienaars wat hul plase verkoop het en noodgedwonge alle grondbelasting moes betaal, kan ‘n aansoekvorm by die ministerie van grondhervorming indien om die gelde wat te veel betaal is, terug te eis. Grondeienaars wat nie grondbelasting-aanslae ontvang het nie of wie se aanslae verkeerd is, kan per e-pos aansoek doen om dit te bekom. Grondeienaars wat reeds die 2021/2022 asook die 2022/2023 grondbelasting-aanslae ontvang het, maar nie pertinent daarvoor aansoek gedoen het nie, kan die aanslae ignoreer. Dit sal eers volgende jaar uitgereik word vir betaling.