Reinach sien uit om môre uit te draf

Die Springbok-skrumskakel Cobus Reinach, sê hy is opgewonde om na ‘n besering sy terugkeer in môre se Rugby Kampioenskap-wedstryd teen Australië in Sydney te maak. Hy het verlede jaar laas in die groen en goud gespeel en het die Juliereeks teen Wallis weens ‘n besering misgeloop. Hy is nou gereed om sy terugkeer teen die Wallabies te maak. Reinach sê hy is nie te veel bekommerd dat hy nog ‘n bietjie verroes is nie: